Olga Kurylenko

Olga Kurylenko
Kurylenko in 2015
Gebore
Olga Kostyantynivna Kurylenko

14 November 1979 (1979-11-14)
Berdjansk, Oekraïense Sowjet-Sosialistiese Republiek, Sowjetunie
Burgerskap
  • Oekraïne
  • Frankryk (met ingang 2001)
BeroepAktrise, model
Eggenoot
  • Cedric van Mol (trou 2000; egskeiding 2004)
  • Damian Gabrielle (trou 2006; egskeiding 2007)
Kinders1

Olga Kostyantynivna Kurylenko[1][2] (Oekraïns: Ольга Костянтинівна Куриленко; * 14 November 1979)[1][2] is 'n Franse aktrise en voormalige model van Oekraïense afkoms.[3][4] Kurylenko is gebore in Berdjansk en het op 16-jarige leeftyd na Frankryk verhuis om as model te werk. Nadat sy haar loopbaan as aktrise in 2004 begin het, het Kurylenko haar deurbraakrol gehad in die aksieriller-rolprent Hitman (2007). Sy het die rol vertolk van die "Bondmeisie" Camille Montes in die James Bond-rolprent Quantum of Solace (2008) en ook gespeel in The Water Diviner (2014) as "Ayshe" langs Russell Crowe.

Kurylenko het ook gespeel in Terrence Malick se rolprent To the Wonder (2012), Martin McDonagh se swartkomedie-rolprent Seven Psychopaths (2012), die wetenskapsfiksierolprent Oblivion (2013), Armando Iannucci se polititiese satire-rolprent The Death of Stalin (2017), Terry Gilliam se The Man Who Killed Don Quixote (2018) en die aksierolprent Extraction 2 (2023).

  1. 1,0 1,1 La Puma, Joe (23 Julie 2010). "Olga Kurylenko". Complex. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2022. Besoek op 5 April 2022.
  2. 2,0 2,1 "Olga Kurylenko : biographie, filmographie et actualité". Le Point (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2022. Besoek op 5 April 2022.
  3. "Revealed: Cruise nearly killed while filming in Iceland". Icenews - Daily News | News in the Nordics. 12 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2020. Besoek op 14 Oktober 2022.
  4. "Oblivion's "Olga Kurylenko"". Los Angeles Confidential Magazine. Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2013. Besoek op 5 April 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy